BESTUUR VAN EDUCATION EXPERT
Direksievoorsitter
Prof. Hennie Steyn was vir die afgelope agt jaar die Dekaan van die fakulteit Opvoedingswetenskappe aan die Noordwes-Universiteit en was ook Rektor van die Potchefstroomse Onderwyskollege.
Onder sy bekwame leiding is o.a. die hele konsep van die DBS en elektronies-mobiele leer gebore en verfyn. Prof. Steyn word wêreldwyd in onderwyskringe erken as ʼn baanbreker en leier op die gebied van onderwys en is telkens spreker by internasionale konferensies.
Sy passie vir ons land, ons taal en vir die verryking en vernuwing van onderwys is aansteeklik en ongeëwenaar. Prof. Steyn is sy tydsgenote ver vooruit en die rimpels van sy vernuwende denke gaan vir komende dekades in ons land, in Afrika en internasionaal ervaar word.
|