Welkom by die amptelike webwerf van Education Expert - kreatiewe oplossings vir uitdagings in die onderwys in Suid-Afrika
MEER OOR EDUCATION EXPERT
EDUCATION EXPERT is ‘n privaat maatskappy wat die onderwys in Suid-Afrika ondersteun en verryk deur haalbare, bekostigbare en kwaliteitonderwys te bevorder.
Die aard van die dienste wat Education Expert kan lewer, val in drie kategorieë, naamlik:
- die verryking van die onderwys
- die voorsiening van onderwysadvies
- en die ontwikkeling en vervaardiging van elektronies-mobiele onderrigleerprodukte
STRUKTUUR VAN EDUCATION EXPERT
Education Expert bestaan uit drie afdelings:
1. Excellente Kollege
Hierdie afdeling is ʼn virtuele kollege en is verantwoordelik vir die verryking van onderwys in Suid-Afrika...lees meer>>
2. Eduserve
Hierdie afdeling is verantwoordelik om professionele en spesialisdienste aan onderwysinstellings, onderwysowerhede en onderwysbelanghebbende groepe in die openbare en onafhanklike onderwyssektore te lewer...lees meer>>
3. DBT
Hierdie afdeling is verantwoordelik om elektronies-mobiele onderrigleer te ontwikkel en vir gebruik in die onderwyspraktyk toe te pas en te vervaardig...
lees meer>>
ONS VISIE
Education Expert bevorder haalbare, volhoubare, bekostigbare en kwaliteitonderwys met elektronies-mobiele onderrigleer as unieke nis.
ONS DOELSTELLINGS
Education Expert streef daarna om deur onderrig, navorsing en dienslewering:
- Onderwysproduktiwiteit te verhoog
- Haalbare en bekostigbare onderwys te bevorder
- Verrykte onderwys te voorsien d.m.v. elektronies-mobiele onderrigleer toepaslik vir ʼn ontwikkelende land
- Deur advies die funksionering van die SA-onderwysstelsel te bevorder
- Om die toepaslikheid van elektronies-mobiele onderrigleer in ʼn ontwikkelde land soos SA te verhoog.
- Kommersialisering van navorsingsprodukte te bevorder
|