Welkom by die tuisblad van Excellente Kollege
Excellente Kollege is ʼn privaat, virtuele kollege wat op die voorpunt van ontwikkeling van onderwys in ons land staan. Excellente werk nou saam met universiteite met die doel om nuwe navorsingsprodukte te kommersialiseer en in die praktyk toe te pas.
Excellente implementeer broodnodige oplossings binne die konteks van ʼn ontwikkelende land, en verkort die verloop tussen navorsing- en praktiese implementeringsfase tot die minimum.
Die standaard van ons produkte is van kardinale belang, daarom word kwaliteitsversekering ook ekstern gedoen.
Excellente Kollege bestaan uit twee afdelings, naamlik:
1) Skool +
Ontwikkel DBS’e ondersteunend tot skoolvakke wat vakinhoude en lesse duidelik, logies en kernagtig aanbied. Skoliere kry die geleentheid om deur van die beste onderwysers in ons land onderrig te word en bied geleentheid vir elkeen om inhoude te bemeester en hulle volle potensiaal te verwesenlik
2) Kindertuin +
Ons
ontwikkel deurbraak-, moderne programme op DBS vir kleuters en onderwysers. Die nuutste programme en tegnologie word geïnkorporeer om ‘n produk te lewer wat maklik is om te gebruik, selfs vir onervare of onopgeleide persone
|