Onderrig-DBS'e
DBT ontwikkel ʼn wye spektrum onderwys-DBS’e (digitaleboekskywe). Hierdie programme is gerig op onderwys en leer met spesifieke uitkomste. Die spektrum van boekskywe wissel van kindertuin- tot skoolvakhulp tot die gevorderde programme vir begaafde leerders in graad 10, 11 en 12.
DBT het ook ʼn konsulteringsdiens wat produkte vir kliënte met spesifieke behoeftes ontwikkel.
DBT ontwikkel die opwindende nuwe storiereeks, Rapstix en Mapstix, ʼn pret manier van leer vir 5-9-jariges oor ʼn breë spektrum met liedjies, gediggies, eksperimente, foto’s, video’s, selftoets-, tweedetaaloefeninge, ens.
|