Kyk uit vir Rapstix en Mapstix
Hierdie skreeusnaakse storiereeks vir 5-8-jarige kinders is huidiglik in produksie-fase en gaan binnekort op DBS beskikbaar wees. Verken ons wêreld met die twee ruimtewesentjies en leer wonderlike dinge met die volgende aktiwiteite: Rek-en-strek, Jol-en-hol, Eksperiment Tent, Rympie treintjie, La-di-da (Engelse les d.m.v. oorspronklike Engelse liedjies) , Spoeg en plak, Bak en brou, Rapstix en Mapstix toneeltjies, Maak ? plan en die Feitevenster. Die kern idee is “aktiwiteit” en die hele program is ontwerp om interaktiewe deelname en fisiese beweging en betrokkenheid aan te moedig met die tema “leer-deur-doen” met baie humor.
Die eerste 8 Temas is:
- Kersfees
- Ons Sonnestelsel
- Onder die see
- Hoe plante groei
- Dieregroepe
- Gesonde gewoontes
- Beroepe
- Op die plaas
Kontak ons gerus vir meer besonderhede.
|