Serving and educating is our passion
 
Terug na DBT
NAVIGASIE
Digitale Boekskyf (DBS)
Onderrig DBS'e
 

 

 

 

 

 

 
 

DIGITALE BOEKSKYWE (DBS'e)

'n Digitale Boekskyf is meer as net ʼn e-boek. Dit kombineer teks, klank, kleur, video insette en is interaktief.

Die gebruiker wisselwerk met die media, maak individueel keuses t.o.v. inhoud en tempo van vordering en word so aktief deel en in beheer van die leer proses. Dit is nie net bloot ʼn video wat gekyk word nie, studente kan by. Kies om klankbaan, foto’s, video’s, gediggies, liedjies, eksperimente, kuns aktiwiteite te besigtig en herhaal na voorkeur.

Dit verskaf selfs geleentheid vir interaktiewe evaluering en toetsing take met onmiddellike terugvoer en geleentheid tot remediëring. Dit word algemeen gebruik en is veral so gewild omdat ʼn DVD skyf relatief goedkoop en robuus is en ʼn rekenaar nie benodig word om dit te gebruik nie.

ʼn Gewone DVD spller, rekenaar met DVD skyf, of die baie gewilde, klein draagbare DVD masjiene kan gebruik word. Hierdie klein DVD spelers maak dit ook moontlik dat leer nou mobiel van aard is, en mense enige plek met jou kan saamneem.

Dit is veral ʼn uiters effektiewe manier om kinders aan tegnologie bloot te stel sonder die vrees van skadelike inligting op die internet, of dat hulle dalk ʼn duur rekenaar mag beskadig. Dit verskaf ook die geleentheid om skoolwerk enige plek met hulle saam te neem, en te leer deur die aktiwiteite.