Serving and educating is our passion
 
Terug na Education Expert
Terug na ecindi keuselys
NAVIGASIE
Kode 600/806 en 700/807
Hoe maak ek 'n donasie?
e-cindi-sentrums

 

 

 

 

 

 
Wat is die e-cindi-Program?


1 Die noodsaaklikheid van die program:

  • Wêreldwyd word dit erken dat effektiewe voorskoolse onderwys ’n hoeksteen is vir latere sukses in die onderwys.
  • Groot tekort aan onderwysers maak dit onmoontlik dat die Departement van Onderwys die teikens vir voorskoolse onderwys teen 2010 sal bereik.
  • Benewens die groot aantal kleuterskole sonder opgeleide onderwysers is daar ongeveer 80 000 geregistreerde dagsorggroepe (ongeveer 12 tot 15 kleuters per groep). Die oorgrote meerderheid hiervan funksioneer sonder ’n kwaliteit voorskoolse program.

2 Aard van die eCindi-program:

eCindi is ontwikkel om aan voorskoolse leerders hoë vlak tegnologie-gebaseerde onderwysprogramme te lewer. Daar is navoringsmatig aangetoon dat die program dramaties beter akademiese prestasie by leerders ondersteun, dat dit moedertaal-onderrig op dié vlak moontlik maak endat dit op grond van die beginsel ekonomie-van-skaal beduidend goedkoper as bestaande kleuteronderwys afgelewer kan word. Die eCindi-program word by geregistreerde pre-primêre skole, creches en dagsorggroepe afgelewer. Die program voldoen volledig aan die uitkomste van die Nasionale Kurrikulumstellings vir Graad R en ook aan die vereistes soos uiteengesit in die Kinderwet (2007). Sodra die regulasies in werking is, sal die program aan die provinsiale Departemente van Maatskaplike Ontwikkeling voorgelê word vir akkreditasie en registrasie.

Ander eienskappe van die eCindi-program sluit onder ander die volgende in:

  • Die program gebruik moderne en bekostigbare DBS-tegnologie. Die lesse word deur top, ervare onderwysers aangebied. Die onderwysers by die kleuterskole en/of dagsorgpersone by die dagsorggroep ondersteun die voorskoolse leerders om die program suksesvol te voltooi.
  • Die program word per kleuterskool of dagsorggroep afgelewer. Die program voorsien aan voorskoolse leerders 4 lesse per dag, vyf dae van die week, 32 weke van die jaar wat in 16 temas georganiseer is. Education Expert voorsien die DBS’e (1 per week), ‘n DBS vir die onderwyser/dagversorger (1 per 2 weke), ‘n werkboek (1 per tema/2 weke), 2 pakkies vetkryt en kleurpotlode sowel as ‘n sker per jaar.
  • Die onderwyser of dagversorger voorsien die minimum fasiliteite, naamlik die TV en DVD-speler sowel as die benodigde fisiese fasiliteite vir vroeë kinderontwikkeling.
  • Kwaliteitsversekering: Die finale assessering van die leerders sal deur gekwalifiseerde personeel van die Education Expert of geakkrediteerde individue gedoen word. Verskeie persone in die gemeenskap, soos kerkegenootskappe, sal toegewys word om die onderwysers/dagversorgers met hul nuwe verantwoordelikheid by te staan.