Terug na Hoofblad
 

 

 

 

 

 

 
 

Terme en voorwaardes vir gebruik van webwerf

1. Toestemming tot terme en voorwaardes

Deur gebruik te maak van hierdie webwerf, stem die gebruiker in tot hierdie terme en voorwaardes. Elke bepaling sal 'n bindende ooreenkoms tussen die gebruiker en die webwerf-eienaar, sy agente of werknemers daarstel.

2. Veranderinge aan terme en voorwaardes

Die webwerf-eienaar of sy verteenwoordigers behou die reg voor om hierdie terme enige tyd en sonder vooraf kennis te wysig. Gebruikers sal verantwoordelik wees om hulself van tyd tot tyd te vergewis van enige sodanige veranderinge.

3. Outeursregte en intellektuele eiendomsreg

Alle regte in en op die inhoud word voorbehou deur die eienaars van hierdie webwerf. Foto's is ook onderworpe aan kopiereg ingevolge 'n ooreenkoms tussen die eienaars en fotograwe. Enige poging om foto's of inhoud te gebruik vir kommersiële doeleindes sonder om vooraf toestemming te kry by die oorspronklike fotograaf of reghebbende sal op die gebruiker se eie risiko gedoen word.

5. Aanlynvorms

Die inligting in die aanlynvorm kan moontlik onderskep word deur internet boosdoeners. Om hierdie rede vereis ons nie van gebruikers om sensitiewe inligting deur hierdie media aan ons beskikbaar te stel nie (Bankbesonderhede, Kredietkaart nommers en dies meer). Sou die gebruiker hierdie inligting deur die internet aan Education Expert versend, neem Education Expert geen verantwoordelikheid vir gevolg daarvan nie.

6. Beperking van aanspreeklikheid

Die Webtuiste en al die Inhoud op die Webtuiste, insluitend enige huidige of toekomstige aanbieding van produkte of dienste, word verskaf op ’n “soos dit is” basis, en mag onakkuraathede or tipografiese foute insluit.

Die Eienaars waarborg nie of maak nie voorstellings met betrekking tot die beskikbaarheid, akkuraatheid, veiligheid of volledigheid van die Inhoud nie. Nóg die Verskaffer nóg enige houermaatskappy, sustermaatskappy of dogtermaatskappy van die Verskaffer sal verantwoordelik gehou word vir enige direkte of indirekte spesiale, gevolgs- of ander skade van welke aard ook al wat gely of opgeloop word wat verband hou met die gebruik van die Inhoud, die Webtuiste, of enige funksionaliteit daarvan, of enige gekoppelde webtuiste, of die onvermoë om toegang daartoe te verkry of dit te gebruik, selfs indien die Verskaffer uitdruklik daarvan in kennis gestel is.

7. Keuse van reg

Hierdie Webtuiste word beheer, bedryf en geadministreer deur Verskaffer vanuit sy kantore soos hieronder uiteengesit in die Republiek van Suid-Afrika.

Hierdie Bepalings en Voorwaardes sal gereël word deur die reg van die Republiek van Suid-Afrika, en die Gebruiker stem toe tot die jurisdiksie van die Witwatersrandse Hoë Hof in geval enige geskille mag voorkom. Indien enige van die bepalings van die Bepalings en Voorwaardes deur ’n hof met jurisdiksie ongeldig of onafdwingbaar bevind word, sal daardie bepaling tot die hoogste mate moontlik afgedwing word sodat uitvoering aan die bedoeling van hierdie Bepalings en Voorwaardes gegee word, en die res van hierdie Bepalings en Voorwaardes sal geldig en afdwingbaar bly.

Hierdie Bepalings en Voorwaardes vorm die volledige ooreenkoms tussen die Verskaffer en die Gebruiker met betrekking tot die gebruik van die Inhoud en hierdie Webtuiste.

8. Kontakbesonderhede

Indien u met die Verskaffer in aanraking wil kom vir doeleindes wat betrekking het op hierdie Bepalings en Voorwaardes, gebruik asseblief die volgende:

Telefoon:

(018) 297 2109

Faks:

(018) 297 5601

E-pos:

info@educationexpert.co.za

© Education Expert

September 2006

Hierdie Webtuiste is laas bygewerk op 09 Mei 2007